Welkom by die tuiste van
m&t plastiek
Veesuiping oplossings vir vee Boere

M&T Plastiek

Wie is ons

Elke boer ken die frustrasie van swaar, gegalvaniseerde pype wat keer op keer verroes of vergaan, en die moeisame taak wat dan voorlê om die pype uit die boorgat te trek en vervang.

‘n Boer maak egter ‘n plan. Dit was juis hierdie nimmereindigende siklus wat Hennie Myburgh en Pieter Theron van Prins Albert in die Groot Karoo genoop het om vindingrykheid aan die dag te lê om ‘n alternatief te vind tot ‘n aanslag wat duidelik nie behoorlik wou werk nie.

Die gevolg van hul eksperimentering en innoveringsgees is die M&T stelsel – ‘n korrosie-bestande sisteem van plastiek en nylon wat feitlik geen onderdele het wat kan verroes nie, en boonop slegs die helfte van die prys kos wat konvensionele gegalvaniseerde toerusting ‘n boorgat-eienaar uit die sak sal jaag.

Tydens hul eerste demonstrasie by ‘n boerevereniging-vergadering in Prins Albert was die reaksie oorweldigend en Pieter en Hennie het besluit om die stelsel te patenteer.

M&T Plastiek

Vandag staan die M&T stelsel in die industrie bekend as die mees doeltreffende, sakpas, korrosie-bestande boorgattoerusting vir veesuipings dwarsdeur Suid-Afrika. Dis deur boere, vir boere ontwerp, en dit werk. Daar is tans tussen 20 000 en 25 000 stelsels in werking in Suid Afrika en Namibië, en meer word elke dag aangelê.

Die produkte in hierdie reeks sluit ‘n 45m-stelsel, 60m-stelsel en doelontwerpte drukkop in. Vind meer uit.

LEES WAT DIE BOERE TE Sê HET

M&T Plastiek