MET MEER AS 25 000 STELSELS LANDWYD GEïNSTALLEER, KAN ONS BEVESTIG DAT ONS GOEDKOPER,
MINDER ARBEIDSINTENSIEF EN MEER KORROSIE-BESTAND IS AS ENIGE ANDER STELSEL VAN SY SOORT.

Boere weet tyd = geld

M&T Plastiek

Boere heg waarde aan boerderytegnieke wat van geslag tot geslag oorgedra word. By M&T Plastiek daag ons die gebruik van tradisionele boorgatstelsels uit deur aan die drie basiese behoeftes van elke boer te voldoen. Met meer as 25 000 stelsels landwyd geïnstalleer, kan ons bevestig dat ons goedkoper, minder arbeidsintensief en meer korrosie-bestand is as enige ander stelsel van sy soort. Met die bonus van ‘n opmerkende lang lewensduur as gevolg van die wyse waarop die stelsel saamgestel is.

Hoe vergelyk die prys van M&T stelsels met konvensionele gegalvaniseerde stelsels?

‘n Boer het geen beheer oor die prys wat hy ontvang vir sy produksie-lewering nie, maar hy het altyd beheer oor sy uitgawes. Die M&T span sal dus nooit ‘n boer aanraai om ‘n werkende windpomp se pype te trek om dit te vervang met ‘n M&T sisteem nie. Dit maak net nie kostegewys sin nie

As daar egter moet spandeer word aan bestaande stelsels, oorweeg die M&T Stelsel en gebruik bruikbare komponente wat uit hierdie boorgat kom by ander boorgate. Onderstaande is ‘n prysvergelyking gebaseer op ‘n basis van ‘n 30-meter gat van ʼn bestaande windpomp-toring en boorgat, en arbeid teen standaard minimumloon.

Koste vergelyking

Gegalvaniseerd

Prys

70mm silinder

R 2 164.00

10 Galvaniseerd pype 3m lengtes, 40mm (1 1/2 duim)

R 5 230.00

10 Rods van 12mm

R 3 300.00

Arbeid halfdag 4 persone

R 545.00

Totale Koste

R 11 239.00

M&T Stelsel (30 meter +/-)

Prys

Geen silinder (die binnepyp vorm ‘n natuurlike silinder)

R 0.00

M&T stelsel bestaande uit ‘n voetklep, plunjer en T-stuk

R 1 750.00

SABS pype verkrygbaar by BKB of ander verspreiders.

1 x 33 m Klas 6 tipe 4 Buitepyp (Buitemaat van 64mm, Binnemaat van 55mm)

1 x 33m Klas 10 tipe 4 Binnepyp (Buitemaat van 50mm, binnemaat van 40mm)

R 2 719.00

Arbeid 2.5 uur 4 persone (ruim toelating)

R 305.00

Totale Koste

R 4 774.00

* Die boer kan verder bespaar deur langer lengtes pyp te koop, hoe langer lengte die boer koop, hoe goedkoper raak die pype per meter. Die pype kan dus van die langer lengtes afgesny word soos benodig.

*Onderhoud is minimaal – gewoonlik 2x leersuiers teen +/-R100 elke 5 jaar. Dit moet dus deur die boer in berekening gebring word in terme van arbeid asook koste van parte wat vervang moet word.

*Pryse soos Julie 2026 – kontak jou naaste BKB tak om pryse te bevestig. Hierdie vergelyking dien net as ‘n basis om vanaf te werk en BKB asook M&T kan nie verantwoordelik gehou word vir enige veranderinge of afwykings van hierdie pryse nie.

Is die insetkoste die moeite werd?

Wat boere maar al te goed besef is dat tyd = geld

Dus is die kort antwoord dat elke boer moet uitwerk hoeveel tyd (in ure per jaar) spandeer word aan die herstel en onderhoud van windpomp-pype op hul plaas, en dit dan vergelyk met die M&T stelsel wat elke vyf jaar 30 minute se aandag verg om pype te trek en leer-suiers te vervang of onsuiwerhede te verwyder na gelang van hul bevindinge.

Dit is nie ‘n som wat ons om enige iemand se onthalwe kan maak nie, want soos die korrosie wat pype vreet van streek tot streek verskil, so sal die hoeveelheid ure wat op windpomp herstelwerk spandeer word ook verskil. In ons ervaring is dit egter in die meeste gevalle definitief die moeite werd wanneer hierdie berekeninge gedoen word.