“My hoofdoel is ten alle tye om kostedoeltreffendheid by boere tuis te bring.
Die M&T stelsel is werklik die antwoord; jy spaar op alle vlakke wanneer dit kom by materiaal,
arbeid en onderhoud.”

Pieter Theron (Mede ontwerper M&T Stelsels)

M&T Plastiek

Wie is M&T Plastiek?

Vandag is M&T steeds ‘n familie-besigheid. Pieter Theron, en sy dogter Marisa van Zyl staan aan die stuur van die bedryf, en hul eerste oorweegrede is altyd om die produk so koste-effektief as moontlik te maak vir hul kliënte.

Hoe weet ek watter M&T stelsel gepas is vir my doeleindes?

Die M&T toerusting is hoofsaaklik ontwerp vir veesuipings. Dit is belangrik om te bepaal watter M&T stelsel ʼn gegewe boorgat die beste sal dien. Die M&T 45-meter stelsel is voldoende vir enige watervlakke vlakker as 45 meter. Sodra watervlakke dieper as dit gaan is die M&T 60-meter stelsel die antwoord. Maak baie seker dat dit wel die geval is.  Dit is ons ondervinding dat meeste boorgate binne 45 meter water lewer.

Die M&T Drukkop-stelsel word gebruik om water te lig, tot 10 meter oor een kilometer. Sien die patent onderstaande vir nadere besonderhede.

Diagram

Wat het jy nodig om die stelsel op die been te kry?

Die gebruiker van die M&T stelsels moet sy hul eie plastiese pype aanskaf, wat geredelik beskikbaar is by koöperasies. Sien ʼn volledige lys van benodighede onderstaande:

  • Die gepaste M&T stelsel (Te koop by BKB. Kontak ons gerus indien jy nie ‘n BKB kooperasie naby jou het nie.)
  • SABS pype of SABS standaard pype (buitepyp met buitemaat 63mm, binnemaat 55mm; binnepyp met buitemaat 50mm, binnemaat 40mm) (Te koop by BKB asook ander koöperasies en industriële verskaffers.)
  • ‘n Koordlose boor, 8mm boorpunt en 25mm hout-boorpunt
  • 8mm bout & moertjie om deur die houtstang te pas
  • Gasbrander en stukkie metaal om die nylon stafie se punte te smelt & smee
  • Hamer en waterpomptang
  • Nr. 13 Moersleutel, sluitmoersleutel en ketting- of bobbejaan-moersleutel
  • Ster-punt skroewedraaier
  • Ystersaag
  • Maatband
  • 32 mm koppelstuk vir die T-stuk en 32mm pyp om water te herlei na die dam

Daar is geen silinder nie, die stelsel vorm sy eie silinder.